Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
HALLO, KUIER-LESERS!
ONS LESERS Vertel... • Haar pad na dokter word was allesbehalwe gelyk. Dié meisie van Saron het opnuut bewys dat geen struikelblok te groot is as jou roeping sterk is nie
MELANIE & CHELSEA SOLIED IN HUL LEWE SE DRIVER'S SEAT • Dié twee Spinners-aktrises betree elk tans verskillende opwindende lewensfases, met blinknuwe dinge wat wink vir Chelsea Thomas se loopbaan, en die reusesprong wat die oud-7de Laan-ster Melanie du Bois vanjaar gemaak het toe sy besluit het om tone nat te maak in die politieke waters
'N VEGTER VIR ANDER • Sy het wêreldwyd vir mense se regte geveg, en nou kry die Suid-Afrikaanse regter Navi Pillay op 85 die Nobel-vredesprys
TIK-TOK, SÊ DROOGTE SE KLOK... • Minder reën, hittegolwe wat ons selfs snags laat sweet en druk op oeste. Dit klink rof – want dit is. El Niño is hier, en dís wat dit vir ons beteken
SY'S 'N VEGTER BINNE ÉN BUITEDIE KRYT • Sy is 'n vrou wat jy beslis aan jou kant wil hê – in die lewe én die boks kryt
'EK'S TYDELIK VERLAM NÁ EK MY ENKEL SWIK' • Ná 'n gewone werksdag het sy haar enkel geswik. Ure later kon sy skaars haar arms en bene beweeg – en nou leef sy met funksionele neurologiese versteuring
GOVAN ONTBLOOT SY HART EN SIEL • Die gesoute joernalis Govan Whittles deel hoe terapie hom vir die eerste keer gedwing het om sy verlede in die gesig te staar en 'n beter pad vorentoe oop te kerf
OM TE DROOM SONDER TOESTEMMING • As sewejarige het Gian-Quen Isaacs op die ys geval – en op haar toekoms afgekom. Vandag het dié Kaapse figuurskaatser internasionale goud op haar kerfstok en ’n Olimpiese droom in haar hart
BAK SAAM VAKANSIEKOEKIES • Vul jou koekblik dié Desembervakansie met die lekkerste tuisgebakte koekies uit die TV-sjef en Kokkedoor: Klassiek-beoordelaar Herman Lensing se gewilde baktydskrif, 100 Beste Koekies. Van geliefde ou gunstelinge tot kreatiewe nuwe smake met 'n vars kinkel – daar is iets vir elke geur en smaak
19 VRAE AAN HERMAN
KORT VOOR LANK • Vergeet lang naels – kortes is in! Só hou jy dit stylvol
VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
ANGSAANVAL VS. PANIEKAANVAL: WAT IS DIE VERSKIL? • Dié terme word dikwels afgewissel, maar dis twee heeltemal verskillende ervarings. Dis hoe jy die twee uitmekaarken
PRAAT, VOOR DIT TE LAAT IS • Dis menslik om weg te skram van ongemaklike gesprekke, maar om dié geselsies met jou volwasse kinders te hê kan help om dinge op kritieke oomblikke in die toekoms makliker te maak
JA, JY VERDIEN DAAI 'EVERYTHING SHOWER', VROU, MA, SUS, WERKER... • Bederf jousef van kroontjie tot toontjie, want soms is ons enigste alleen- tyd as vroue in die badkamer! Volg dié wenke om die meeste van daai kosbare me-time te maak
JOU HUISWERKER: KEN DIE REËLS • Baie werkgewers is onbewus van hul wetlike verantwoordelikhede teenoor huiswerkers, van siekverlof tot salaris en vakansiedae. Hier is als wat jy moet weet
DIE TIKKENDE TYDBOM IN JOU KIND SE HANDE • Die slimtoestel in jou kind se hande kan die oop deur wees na gevare soos verslawing, boeliegedrag, uitbuiting en geweld – alles aanlyn. ’n Kenner wat ’n ‘digitale lisensie’ geskep het om jou kind meer tegnowoë te maak, gee raad DEUR MARETHA BOTES
JOU PLAN TEEN UITSLAE-STRES •...